NUUS

Graag komplimenteer ek hiermee Laaiplek SAPD en hul ander kollegas vir hul pro-aktiewe reaksie en en optrede in Junie toe ‘n groep mense ‘n naweek huurhuis in Port Owen okkupeer het. Bacchus & Dagga het vrolikheid en geraas laat toeneem en SAPD se hulp moes ingeroep word om die situasie onder beheer te kry. Die probleem was van so aard dat SAPD versterkings ingeroep moes word van ‘n buurdorp.

Inwoners wat die omstandighede waargeneem het, het hul waardering uitgespreek oor hoe SAPD die situasie hanteer het en ook dat SAPD teenwoordig gebly het tot aan die einde en die situaise heeltemal opgelos is.

Welgedaan aan al die SAPD lede betrokke!!

Vir diegene wat naweekhuise verhuur neem asseblief kennis dat sulke probleme soms opduik wanneer ‘n huis deur ‘n klein geselskap gehuur word en nadat die sleutes in ontvangs geneem is word die groep en die sosiale interaksie net groter wat straks probleme kan laat onstaan.