“Dit is altyd ‘n onvergeetlike oomblik vir iemand om diesleutels en titelakte van ‘n nuwe huis te ontvang. Ek is sogeëerd om hierdie oomblik met al die begunstigdes te kandeel, aangesien ek verstaan hoe lank dit kan neem om tothierdie punt te kom. Ek wil dus alle begunstigdesaanmoedig om na hul eiendom te kyk, hul titelaktes veiligte hou en laat hierdie lewensveranderende ervaring helpom ‘n baie beter toekoms en ‘n meer voorspoedige lewevorentoe te bou”. Só het Raadsheer Ray van Rooy,Uitvoerende Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteitgesê, nadat tien begunstigdes hul titelaktes van hul nuwehuise ontvang het.
Hierdie oorhandigingseremonie vorm deel van die 107-behuisingsprojek in Noordhoek, Velddrif. Die Premier vandie Wes-Kaap, Alan Winde, tesame met die Minister vanMenslike Nedersettings, Tertius Simmers, en dieUitvoerende Burgemeester, Rdh. Van Rooy,
het dietitelakte van die 84 jarige Eva Daniels op 15 Februarie2022 by haar huis oorhandig. Dié begunstigde, Eva Daniels(84), sê sy is baie bly en uiters dankbaar oor hierdiespesiale besoek. “Eers die huis en nou hierdie belangrikedokument. Dit is ‘n ware seën. Ek dank God en elkepersoon wat dit moontlik gemaak het,” het Daniels gesê.
Die begunstigdes kom almal van die Velddrifgemeenskap wat Laaiplek, Noordhoek en verskeieomliggende plase insluit.