VSK NUUTSTE NUUS

Westhuizen, Chris van Niekerk en Brendon Fourie)

Geagte Leser,

Woensdagoggend 22/3 het 5 lede van die Bestuurskommitee die voorreg gehad om plaaslik te ontmoet met Dr. Ernest Messina, Hoof Uitvoerende Beampte van die AHI.

Nuus met ons gedeel het ingesluit die herstrukturering van die AHI, die Visie, Misie en Waardes van die AHI vir die toekoms.

Verder het ons gesprek gevoer oor hoe om ons gemeenskap meer betrokke te kry en om as Kamer meer waarde vir Lede te kan toevoeg. Geskiedkundige projekte van Velddrif Sakekamer is genoem en nuwe potesiaal/bronne is gelys.

In kort is die fokus van die AHI en VSK om soveel as moontlik alle besighede in die gemeenskap asook ander rolspelers, instansies en diensverskaffers betrokke te kry en te laat deelneem aan sake van belang in ons gemeenskap.

Ons sien uit na U interaksie en voorstelle!

Vriendelike groete,