Deur Matthew Sheldon
Die Uitvoerende Burgemeester van Bergrivier Munisipaliteit,
Rdh. Ray van Rooy, tesame met die Premier van die Wes-Kaap
Alan Winde, en die Wes-Kaap se Minister van Kultuursake en
Sport, Anroux Marais, het die opgeknapte Noordhoek Biblioteek
op Dinsdag, 15 Februarie 2022, amptelik geopen.
‘n Bedrag van R1,4 miljoen is gespandeer op hierdie biblioteek
in Noordhoek, Velddrif, om die fasiliteit meer doelmatig vir
boekliefhebbers en kinders te maak. Bergrivier Munisipaliteit
het die kinders en die studie-area van die biblioteek uitgebrei.
“Ek wil graag die kinders aanmoedig om gebruik te maak van
hierdie geleenthede wat geskep word. Lees gereeld boeke en
kom doen jou skoolwerk en take in ‘n skoon en veilige
omgewing,” het Van Rooy gesê.
Nadat die spesiale gaste die rooi lint gesny het om die fasiliteit
amptelik te open, is die gedenkplaat onthul.
Dié biblioteek het ‘n nuwe aktiwiteitsaal en ‘n groter spasie vir
storietyd vir die kleinkinders en ‘n studiegebied.
Gedurende Winde se toespraak het hy gesê dat die bou van
infrastruktuur soos ‘n biblioteek uiters belangrik is om
geleenthede te skep vir burgers en meer spesifiek, inwoners
van Noordhoek. Die funksies was ‘n reuse sukses. Ons dien met
trots!