OKTOBER NUUS

Geagte Lesers,
Velddrif Toerisme het ons meegedeel dat ‘n groot groep Harley Davidson motorfietse, (verwagting is tussen 600 na 700), die naweek vanaf Donderdag 26 Oktober tot Sondag 29 Oktober ‘n saamtrek in Lambertsbaai hou.
Heelwat van die ryers sal deur Velddrif beweeg en van die plaaslike besighede kan ondersteuning van hulle verwag.
Geniet die dreuning en blink spoggerige motorfietse!