18 November, 2021
6:30 pm
Foksl Riviera Hotel & Chalets
Met alles wat in ons land gebeur het ons dit goed gedink om almal weer bymekaar te kry vir ‘n GEMEENSKAPS BRAAI / COMMUNITY BRAAI DAY die 18 November 2021.
Dit sal dien as ons volgende amptelike vergadering maar met min ontwrigting en meer geleentheid vir netwerk. Daar is geen kostes vir bywoning nie. Kom geniet dit saam met ons – almal is welkom!
Bring jou vleis en slaai. Braai dromme en hout word verskaf en daar is ‘n kontant kroeg beskikbaar.
Wanneer / When: 18 November 2021
Tyd / Time: 18h30 vir 19h00
Plek / Where: Fok’sl Riviera Hotel & Chalets
Covid reëls is van toepassing.
Velddrif Sakekamer sal die volgende voorsien:
Sorg vir jou eie bord en eetgerei.
Ons het wel twee gas sprekers Nomonde Ndlangisa die CEO van Toerisme Bergrivier en Johan Moolman, raadslid van Wyk 7 genooi, wat ons kortliks sal toespreek. Nomonde gaan ons meedeel oor geleenthede wat in Velddrif en omgewing vir besighede beskikbaar is.
Johan gaan met ons oor van die toekoms planne toespreek vir die Velddrif area.
Daarna gaan ons as gemeenskap net lekker saam kuier en weer seker maak wie ons besighede is in Velddrif en omgewing.