‘N INTERESSANTE AAND

Die alombekende ekonoom Dawie Roodt, vergesel deur van sy kollegas, het lede van die publiek en Sakekamer toegespreek by Port Owen Yacht Klub op Donderdag 21 September.

Baie interresante finansiële inligting is met die gehoor gedeel en na afloop van die aanbieding was almal teenwoordig ook beter ingelig oor die nuwe kuber tendense soos “Bitcoin”.

Meer detail oor die Essential Groep en hul finansiële dienste asook hul plaaslike, ge-akrediteerde verteenwoordiger, Tilman von Zukowski is aan die teenwoordigers bekend gestel.

Na afloop van die aanbiedings is verversings geniet gepaartgaande met ‘n netwerk sessie.

VSK bedank Dawie en sy kollegas vir hul insette, die Weslander vir hul blootstelling en ondersteuning, POYC vir die gebruik van hul infrastruktuur asook al die lede van die publiek en Sakekamer vir hul bywoning en ondersteuning asook VSK kommittee lede vir hul deelname om die geleentheid suksesvol aan te bied.

‘n Hartlike dank ook aan die aand se borge:
PRINRO Building Materials
West Coast Paints & Decor
MONCOR Elektries

Tastebuds het die heerlike spyseniering gedoen.