DONASIE GESKENK AAN VSK

Geagte Leser,

Maandag 10 Julie 2017, om 17H30, het ek en ons Vise voorsitter, Montè van der Westhuizen, op uitnodiging die jaarlikse Eigevis bedankingsaand funksie by hul hoofkantoor in Laaiplek bygewoon.

Die geleentheid is ‘n jaarlikse instelling van die maatskappy, waartydens hul waardering toon vir die insette van verskeie plaaslike gemeenskapsbetrokkendheid instansies, in die vorm van finansiële bydraes.

Besturende Direkteur, Carel Mienie het met hulp van die nimlike en welbekende, Oom Appels, die wit koeverte met rooi lint versier, aan verteenwoordigers van die instansies oorhandig. Na die oorhandiging het algar gedeel in snuisterye, ‘n glas of twee vars sap of ‘n sjerrie as teevoeter vir die koue.

Na die gesellige samesyn het algar, met dankbaarheid, gegroet en huiswaarts gekeer. Verskeie  gemeenskap organisasies, skole, sportgroepe, kerke en ander het gebaat hiermee asook ons Velddrif Sakekamer.

Namens almal wat die erkenning ontvang het sê ons baie, baie dankie – dit word hoog op prys gestel! VSK sal ons deel oordeelkundig gebruik in ons eie gemeenskap.

Aan Eigevis en hul spanlede, welgedaan en mag 2017 vir julle ‘n besonderse suksesvolle jaar wees.