EN ‘N BELANGRIKE BOODSKAP VAN ONS MUNISIPALE BESTUURDER

Soos julle almal weet, is die Wes Kaap in die greep van die ergste droogte in meer as 110 jaar. Ons damme is op kritiese lae vlakke, en ons reën-seisoen is amper aan ‘n einde.

Dit is uiters noodsaaklik dat elkeen van ons die nodige doen om elke druppel water te bespaar. 

Kaapstad water-verbruikers word beperk tot slegs 87 liters per persoon per dag. Ons aan die Weskus is in ‘n baie meer voordelige posisie in dat ons ons water-verbruik moet beperk tot minder as 130 liter per persoon per dag.  

Die damme wat ons gebied voed is slegs sowat 22% vol!

Die Velddrif Sakekamer doen dus ‘n beroep op die publiek om spaarsamig met water te werk, en elke druppel te bespaar!

Sien hiermee ‘n belangrike boodskap vanaf ons Munisipale Bestuurder: