GESKRYF DEUR CHRIS VAN NIEKERK

Goeiedag Lede, so stukkie opwindende nuus! Dinsdag 2 Mei 2017 om 14H00!

Bergrivier Ekonomiese Ontwikkelings Forum se volgende aktiwiteit vind plaas by PPC, De Hoek, Piketberg met fokus daarop om, “SME” – “Small & Medium Enterprises”, Klein & Medium Besighede kans te gee om hul besighede ten toon te stel.

Die Korporatiewe Maatskappye wat die geleentheid moontlik maak is Bergrivier Munisipaliteit in samewerking met PPC, Transnet & ABSA. Klein & medium besigheids eienaars word uitgenooi om hul besighede uit te stal soos met ‘n kleinskaal handelskou. Promosie materiaal kan ten toon gestel word. Sou daar genoegsaam belangstelling wees kan Bergmun verder ondersteun deur verskaffing van vervoer na Piketberg en terug. Die geleentheid begin om 14H00 en word ge-ag ‘n uitstekende geleentheid te wees vir entrepreneurs om hul besighede bekend te stel en met ander eienaars te netwerk.

Versprei asseblief die inligting aan enigiemand wat mag belangstel en bevestig op die forum.

Alternatiewelik en vir meer inligting kan Me Aletta van Sitterd van Bergmun gekontak word by; sb@bergmun.org.za of 022-9136000.